Polisiesersant in hof weens korrupsie in Witrivier

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.

‘n Sersant wat verbonde is aan die Witrivier-polisiestasie het gister in die hof verskyn op aaklagte van korrupsie.

Xolani Sibiya (41) is deur die Valke gearresteer na hy na bewering R1 000 geëis het van ‘n beskuldigde deur voor te gee dat hy daarvoor verantwoordelik was dat die man se diefstalsaak nie op die hofrol geplaas is nie.

Sibiya het gister vlugtig in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Hy sal vandag vir borgtog aansoek doen.