Polisieklerk gevonnis weens oortreding van kredietwet

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

‘n Voormalige klerk van die Hazyview polisie is deur die Witrivier-landdroshof skuldig bevind aan die bedryf van ‘n ongeregistreerde kontantleningbesigheid.

Bernard Ndlovu is na ‘n ondersoek deur die Valke na ernstige kommersiële misdaad in Julie 2023 by sy werksplek in hegtenis geneem.

Hy was in besit van 140 verskillende bank- en Sassa-kaarte.

Hy sou dit hou om te verseker dat kliёnte hom terugbetaal.

Hy is gevonnis tot een jaar gevangenisstraf of ‘n boete van R30 000, opgeskort vir drie jaar op voorwaarde dat hy nie aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.