KANSA ondersteun jou só landwyd en gratis

KANSA bied 'n reeks praktiese ondersteuningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes.

KANSA is daartoe verbind om mense wat kanker in die gesig staar met inligting, raad en emosionele ondersteuning te bemagtig waar hulle woon.

Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van dié van volwassenes. Anina Meiring, dienstebestuurder van die TLC-program, wei uit oor die spesifieke ondersteuning wat hulle bied.

Luister:

Dorothy du Plooy is KANSA se dienste spesialis wat nasionaal verpleginsondersteuning en hulp met stomas bied.

Luister:

Vlooi Venter, kliniese verplegingspesialis, vertel meer oor die kliniese ondersteuning wat KANSA bied.

Luister:

Maatskaplike werker, Gretchen Minnaar, vertel meer oor hul telefoniese beradingsdienste in ‘n verskeidenheid tale.

Luister:

Kontak KANSA. Besoek Cansa.org.za, skakel 0800-22-6622 of stuur ‘n WhatsApp na 072-197-9305.