Die polisie het die publiek se hulp gevra om ‘n man op te spoor wat in Lydenburg vermis geraak het.
Simon Mike Lubisi (47) is ‘n tronkbewaarder by Lydenburg Korrektiewe Dienste.
Hy is Maandag omstreeks 09:00 deur sy familie gesien toe hy sy huis in Lydenburg verlaat het.
Hy het gesê hy gaan stap, maar het nooit teruggekeer huis toe nie.
Sy selfoon is sedertdien afgeskakel.
Hy het ‘n swart en grys Nike T-hemp, swart kortbroek en swart en wit Adidas sandale aangehad.
Hy het aanvanklik op Vrydag 29 Augustus verdwyn en is die Saterdagaand amptelik as vermis by die polisie aangemeld.
Lubisi is die volgende dag suksesvol deur die Lydenburg-speurders opgespoor en huis toe geneem na sy familie.
Die polisie werk nou saam met sy familie en kollegas om meer inligting in te samel.
Enigiemand met inligting oor waar hy hom bevind word aangemoedig om die polisie te kontak.