100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Springstof lei tot arrestasies in Barberton

Written by on February 12, 2025

Ses verdagtes verskyn vandag in die Barberton-landdroshof na hulle Maandag as deel van die polisie se Operasie Vala Umgodi gearresteer is.

Drie van die verdagtes was in ‘n voertuig wat op die R38 in Barberton voorgekeer en deursoek is as deel van roetine operasies toe die springstof, wat na vermoede gebruik word in onwettige mynbouaktiwiteite, ontdek is.

Nog drie verdagtes kon nie dokumentasie lewer om wettig in die land te wees nie.

Almal word aangekla van oortreding van die Wet op Immigrasie.

Sien ook: Ongeluk eis vier toe Polo aan brand raak