100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ongeluk eis vier toe Polo aan brand raak

Written by on February 10, 2025

Vier mense is vanoggend onherkenbaar verbrand toe die sedan waarin hulle gery het, trompop teen ‘n bakkie gebots het op die N4 tussen Karino en Nelsville.

Die Polo was in die rigting van Mbombela op pad toe dit die bakkie getref en aan die brand geraak het.

‘n Tweede Polo het toe in hulle vasgery.

Volgens die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga is die bakkiebestuurder ernstig beseer en die derde bestuurder liggies beseer en hospitaal toe gehaas.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. 

Sien ook: Krag na regeringsgeboue afgesny weens skuld aan Mbombela


Continue reading