Krag na regeringsgeboue afgesny weens skuld aan Mbombela
Written by Mireille on February 6, 2025
Mbombela-munisipaliteit het die elektrisiteitstoevoer na regeringsgeboue en hospitale gisteraand herstel nadat hy dit Dinsdagoggend afgesny het.
Die provinsiale wetgewergebou in Nelspruit sowel as Rob Ferreira en Barberton hospitale is ondermeer daardeur geraak.
Sanley van der Merwe, ‘n DA-raadslid, sê die Mpumalanga provinsiale regering skuld Mbombela ongeveer R200 miljoen waarvan die meeste deur die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer geskuld word in hoofsaaklik tariewe en belasting.
Sy sê die DA en VF Plus het in die raad en finansies komitee baie druk beplaas op die uitvoerende gesag om op te tree oor regeringskuld.
“Ek was self verras toe hulle dit afsny. Ek het nie gedink dat hulle die moed van hulle oortuiging sou hê om dit te doen nie,” sê sy en voeg by dat hulle dadelik ‘n betaling ontvang het.
Die stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, vergader Woensdag met Openbare Werke oor ‘n oplossing.
Sien ook: SANParke-man borg toegestaan na inbraak by Skukuza polisiestoor
Author
Mireille
You may also like
Continue reading
![Thumbnail](https://www.radiolaeveld.co.za/wp-content/uploads/2025/02/Elands-f.jpg)
![Thumbnail](https://www.radiolaeveld.co.za/wp-content/uploads/2025/02/AmberMac-F-1024x768.jpg)