Kommer oor bevriesing van Amerikaanse befondsing vir MIV/Vigs-programme
Written by Mireille on January 29, 2025
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê hy sal binnekort met die minister van finansies, Enoch Godongwana, vergader oor Amerika se bevriesing van fondse vir die president se noodplan vir Vigs-verligting, ook bekend as PEPFAR.
Die onderbreking duur terwyl vasgestel word of die befondsing in ooreenstemming is met president Donald Trump se buitelandse beleid.
PEPFAR dra 17% by tot Suid-Afrika se begroting van R44,4 miljard om MIV/Vigs te hanteer.
Motsoaledi sê dit raak die 27 distrikte uit die land se 52 wat die ergste geraak word deur MIV – en sluit al drie distriksmunisipaliteite in Mpumalanga in.
Luister:
PEPFAR verskaf lewensreddende MIV-behandeling aan miljoene mense, insluitend kinders.
Volgens die Andelson kantoor van openbare beleid binne die stigting vir Vigs navorsing, ontvang 222,333 mense daagliks, elke dag van die jaar, wêreldwyd hul medikasie en verloor hulle toegang tot behandeling vir elke dag wat die onderbreking duur.
Die verslag sê verder is sal ‘n enorme poging verg om mense weer terug op behandeling te kry.
Suid-Afrika is die land wat in vele opsigte die ergste geraak word met 5,3 miljoen mense wat tans behandeling ontvang by 2,887 fasiliteite – waar die PEPFAR-program ook gesondheidswerkers ondersteun.
Die befondsing, wat nou tydelik gestaak is, raak 178 dokters of kliniese beamptes, 1,984 verpleërs en vroedvroue, 53 laboratorium werkers, 199 aptekers of assistente en 8,284 gemeenskap gesondheidswerkers.
Boonop ontvang 679,936 swanger vroue antiretrovirale middels om oordrag na hul baba’s te verhoed.
“Selfs al is baie van die voorgeboortelike sorgverskaffers in diens van die Gesondheidsdepartement, is die aptekers, laboratoriumtegnici en ander betrokke by die versorging van swanger vroue geïntegreer, met elkeen wat noodsaaklik is vir kwaliteit sorg,” lui die verslag.
Hulle verwag dat Suid-Afrika 228 nuwe infeksies onder baba’s tydens die onderbreking sal ervaar.
“Hierdie babas sal egter hoogs waarskynlik ongediagnoseer bly omdat MIV-toetsdienste vir babas ook opgeskort word weens die stopwerkbevel.”
Boonop word 228,010 mense met PEPFAR ondersteuning daagliks getoets.
“MIV-toetsing is uiters afhanklik van gemeenskap gesondheidwerkers en lekeberaders wat deur PEPFAR-toelaes befonds word.
Dit kan Suid-Afrika raak deur 1,024 mense nie te diagnoseer en met behandeling te laat begin nie.
Die DA doen ‘n beroep op die Amerikaanse regering om die befondsing van PEPFAR weer in te stel.
Die party sê die Amerikaanse regering moet besef dat elke dollar wat op globale gesondheidsinisiatiewe bestee word, internasionale veiligheid direk versterk en Amerika se globale invloed ‘n hupstoot gee.
Sien ook: Twee gearresteer na 51 busse brand