Renosterstroper tot 18 jaar gevonnis
Written by Mireille on January 16, 2025
‘n 51-jarige Kongolese man is gister in Middelburg tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte wat verband jou met renosterstroping.
Francis Kipampa is in Februarie 2023 saam met 15 ander as deel van Operasie “Blood Orange” gearresteer.
Volgens die Mpumalanga Valke het hy skuldig gepleit op die aanklagte teen hom wat insluit sameswering, stropery, geldwassery en oortreding van die Immigrasiewet.
Agt jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.
‘n Bewaringsbevel van R5 miljoen is teen hom bekom.
Sy medebeskuldigdes verskyn Maandag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit.
Sien ook: Waarskuwing teen oorstromings te midde van nog verwagte reën – Radio Laeveld