Nelspruit Eisteddfod hou na vier jaar weer gala-aand

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.
Eisteddfod gala-aand

Die Nelspruit Eisteddfod kan vanjaar vir die eerste keer in vier jaar sedert die grendeltydperk weer ‘n gala-aand aanbied.

Eugené Wait, die organiseerder van die kuns-afdeling, reël ook hierdie spog-geleentheid.

Die Eisteddfod gala-aand vind reeds hierdie Vrydag, 15 September, plaas.

Sy sê vir Amanda dat, soos elke jaar, is die plaaslike talent oorweldigend en was dit baie moeilik vir die organiseerders om te bepaal wie almal op kan tree.

Luister weer hier:

Sien ook: Arukah-vrouekamp in Oktober in die Laeveld