Die Mpumalanga Departement van Gesondheid het ‘n waarskuwing uitgereik oor malaria, na onlangse oorstromings.
Volgens die departement verhoog stilstaande water na die vloede die malariarisiko omdat dit ‘n teelaarde vir malariamuskiete skep.
Simptome verskyn gewoonlik tussen sewe en 21 dae na ‘n muskietbyt en sluit in koors en kouekoors, naarheid en braking, hoofpyn, spier- en gewrigspyn.
Die departement raai alle inwoners aan om onmiddellik getoets te word vir malaria, sou hulle dergelike simptome ondervind.





