Opwinding by Interhoër 2025
Written by Mireille on February 24, 2025
Hoërskool Nelspruit (NHS) het Saterdag hul 60ste Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms gewen met 1 905 punte op die telbord.
Die gasheerskool, Rob Ferreira, was tweede met 1 600,5, gevolg deur Hoërskool Lydenburg met 1 482,5.
Penryn het die prestasiebeker gewen, wat bepaal word volgens hoeveel leerlinge in ‘n skool is en met 814 punte vir hul 411 leerlinge was hulle op dié gebied die kampioene.
Vyftig jaar gelede het Marna Van der Burgh (neé de Villiers) van Hoërskool Barberton by die Interhoër-atletiekbyeenkoms die o/19 200 m in ‘n rekordtyd van 24,80 s gewen.
Dit staan na afloop van Saterdag se byeenkoms steeds.
Luister hier:
Vanjaar was NHS se Johan Hattingh se laaste inter omdat hy volgende maand aftree.
Radio Laeveld se gesogte Blêrbeker is vanjaar ook deur NHS gewen. Baie geluk aan al die skole wat deelgeneem het.