Back up Stephan!

Stephan Potgieter word beskou as ‘n plaaslike held wat altyd gereed is om ander te help en by te staan. Hy het drie dae gelede ‘n hartaaval gehad en benodig nou ander se hulp. Sy vrou, Janine Marais, gesels met 100.5FM. Luister weer: Ondersteun die veldtog hier: Back up Stephan!

Uitdagings en vooruitgang in die soeklig by KLCBT-konferensie

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) het Woensdag en Donderdag sy hoogs suksesvolle jaarlikse konferensie aangebied met insiggewende sprekers en uiters relevante aanbiedinge.  Die eerste dag in Witrivier het gefokus op toerisme en gister was sake, ontwikkeling, en die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Zone, onder die loep. Luister weer:

Donna hardloop Comrades vir CHOC

Donna James en haar seun Tylor het ‘n paar weke gelede saam die Great Wall of China-marathon voltooi. Nou berei sy voor vir Sondag se Comrades, alles ten bate van die CHOC Childhood Cancer Foundation. Sy gesels met die Middag Game Drive. Luister weer: Kyk ‘n video van hul Great Wall of China-wedloop Vind die […]