Tienjarige seun verdrink in Kwena-dam

‘n 10-jarige seun het gistermiddag by Kwena-dam verdrink. 

Volgens sy ma het die gesin visgevang en die kinders het naby die water gespeel toe hulle om hulp begin skree het.

Die seun se pa kon een ​​van die kinders red, maar Moeketsi Baadjie het ongelukkig verdrink.

‘n Polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, sê duikers van die K9-eenhede in Lydenburg en Witrivier het sy liggaam uit die water gehaal.

Die polisie in Lydenburg het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen. 

Luister: