Wildtuin waarsku oor opbloei van sonbesies in Letaba

Skakel in op 100.5FM vir nuus uit die Laeveld.
Sonbesies

Die Nasionale Krugerwildtuin sê die Letaba-ruskamp ervaar tans ‘n opbloei van sonbesies.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hul huidige oorvloed kan te wyte wees aan die temperatuur, humiditeit en reënval.
Hy sê sonbesies is skadeloos, maar word gelok deur lig.
Besoekers is aangeraai om vensters toe en stoepligte af te hou.
Danie Pienaar, die senior algemene bestuurder van bewaring in die wildtuin, sê hul volume kan ‘n oorweldigende gebrom veroorsaak.

Foto: Bruce Marlin

Sien ook: Eeu gevier sedert trein toeriste na wildtuin bring