WhatsApp-lyn vir geraasbesoedeling bekendgestel

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het ‘n WhatsApp-lyn ingestel waar inwoners kan aanmeld waar hulle geraasbesoedeling ervaar.
Klagtes oor voorvalle van lawaai moet steeds aangemeld word by die munisipaliteit (013-753-3331) maar nou kan ‘n plekspykertjie ook per WhatsApp gestuur word na 066-3000-991 sodat dit ondersoek kan word.
Stuur ook die verwysingsnommer van die klagte wat jy aangemeld het.
Jy kan ook via WhatsApp laat weet as die diens wat jy ervaar wanneer jy die voorval telefonies aanmeld nie na wense is nie.