Weermaglede red toergids uit Komatirivier

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
Weermag red toergids wat meegesleur is in Komatipoort

‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig die vorige aand meegesleur is.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor ‘n laagwaterbrug probeer ry het.
Hy is die volgende oggend deur polisieduikers en weermaglede gered met behulp van ‘n helikopter.
Die voertuig het in die water agtergebly.
Weermag red toergids wat meegesleur is in Komatipoort
Intussen word twee ander mans vermis nadat hulle ook Donderdag meegesleur is.
Die een, wat nog nie geïdentifiseer is nie, het dieselfde laagwaterbrug probeer oorsteek.
Polisieduikers het na hom gesoek.
Die ander man het glo in Kanyamazane in ‘n stroom ingehardloop ná ‘n beweerde rusie by sy huis.
Luister:

Sien ook: Ondersoek na paartjie op Kersdag dood gevind is