Vyf bly in aanhouding wat glo kerk en taverne naby Komatipoort beroof

Vyf verdagtes het Maandag in die hof verskyn na hulle die naweek glo ‘n kerk en taverne naby Komatipoort beroof het.

Vyf verdagtes wat Maandag in die Kanyamazane-landdroshof verskyn het na twee rooftogte die naweek naby Komatipoort, bly in aanhouding.

Hlungwane Surprise, Sakhile Shongwe, Salim Milazi, Ntando Mathenjwa en Sifiso Nkalanga is Saterdag op die N4 naby KaNyamazane gearresteer toe hul voertuig voorgekeer is.

Hulle was glo in besit van twee vuurwapens, ‘n klomp selfone, ‘n skootrekenaar en kontant.

Hulle het na bewering vroeg dieselfde oggend ‘n kerk by Ngwenyeni beroof. ‘n 14-jarige seun is gewond toe hulle skote afgevuur het.

‘n Taverne in Madadeni is die vorige aand ook beroof. Hulle verskyn op 16 September weer in die hof.

Luister:

In ‘n afsonderlike voorval is drie mense gewond tydens ‘n rooftog by ‘n moskee in Kwaggafontein Vrydagaand.

Een van die slagoffers het teruggeskiet en een van die twee aanvallers noodlottig gewond.

Die ander een kon vlug.