Vrou wat ma en seun in Barberton glo doodskiet, onder polisiebewaking in hospitaal

'n Vrou en haar volwasse seun is Maandag in hul huis doodgeskiet.
misdaad

‘n 19-jarige vrou is onder polisiebewaking in die hospitaal, na sy deur gemeenskapslede aangeval is na sy na bewering twee mense in hul huis in Barberton vermoor het.

Volgens die polisie het die voorval Maandag plaasgevind.

‘n 43-jarige vrou en haar 24-jarige seun het by die hospitaal aan hul skietwonde beswyk.

Die slagoffer se jongste dogter is ook gewond en ontvang behandeling in die hospitaal.

Gemeenskapslede het die verdagte glo aan die brand probeer steek.

Sy sal aangekla word van moord, poging tot moord en huisbraak.

Geen arrestasies is nog gemaak in die groepsgeweldsaak nie.