100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

VIDEO: Drie mense in Hazyview aangekeer met onwettige goedere

Written by on August 23, 2024

Drie mense is gister in Hazyview gearresteer as deel van Operasie Shanela met onwettige sigarette en ander items met ‘n geraamde waarde van R2,5 miljoen in hul besit.

Volgens die polisie in Mpumalanga het hulle ‘n wenk ontvang oor ‘n vragmotor wat smokkelgoed vervoer.

Die gesamentlike operasie is uitgevoer in samewerking met die taktiese eenheid, honde-eenheid, openbare orde polisie, blitspatrollie, sigbare polisiëring en speurders.

Tien rondes ammunisie is ook gevind tydens hul soektog van die stoorplek by die betrokke huis.

Die twee mans van tussen 30 en 35 jaar oud en ‘n 61-jarige vrou sal ook aangekla word van die besit van onwettige goedere wanneer hulle in die hof verskyn.

KYK HIER:

Sien ook: Groot kragonderbreking in Nelspruit weens kabeldiefstal


×