Vermeende stroper met jaggeweer aangekeer in NKW

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad

‘n Mosambiekse burger is tydens ‘n anti-stroperypatrollie in hegtenis geneem toe hy gisteroggend in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) betrap is.

Veldwagters was op patrollie in die Houtboschrand-seksie toe hulle menslike spore gevolg het.

Hulle het twee mans teëgekom het. Hulle het gevlug en een van die verdagtes is aangekeer.

Hy was in besit van ‘n jaggeweer en nege rondtes ammunisie.

Hy staan ​​tereg weens die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, betreding in die park en oortreding van die Immigrasiewet.

Hy sal na verwagting vandag voor die Masoyi Periodieke Hof verskyn.