Vermeende chroomdiewe op heterdaad betrap

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Die polisie in Mpumalanga sê hulle het gister sowat 80 mense betrap waar hulle chroom van ‘n goederetrein tussen Dullstroom en Belfast af steel.
Die woordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hulle het reageer op inligting van die Samancor Eastern Chrome Mine.
Die plunderaars het op die vlug geslaan en in die bosse verdwyn.
Sakke gevul met die metaal is op die toneel agtergelaat.

Geen saak is oopgemaak nie.