Verkeersbeampte doodgery op N4, bestuurder gesoek

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Joseph Mtselu (49), ‘n hoofinspekteur verbonde aan die provinsiale verkeersdepartement se eenheid vir oorlading in Middelburg, is vroeg vanoggend dood toe ‘n bakkie hom getref het.

Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het Mtselu die bakkie met ‘n sleepwa na die Middelburg-weegbrug op die N4 beduie.

Die voertuig het egter nie gestop nie en het hom getref.

Volgens die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, het die bestuurder weggejaag en te voet van die toneel gevlug.

Mtselu is op die toneel dood.

‘n Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak en die bestuurder is steeds op vrye voet.

Luister: 

Die LUR, Jackie Macie, het met skok van sy dood verneem en het sy meegevoel aan sy familie, vriende en kollegas betuig.