Die polisie in Lydenburg soek verdagtes na ‘n inbraak by ‘n bank.
Personeellede wat gister vir diens aangemeld het, het ‘n sterk en ongewone reuk binne die gebou opgemerk en ‘n inspeksie van die perseel het aan die lig gebring dat die kitsbankkamer beskadig is.
Een OTM is mee gepeuter en ‘n onbekende bedrag kontant is gesteel.
Aanduidings is dat die verdagtes deur die dak toegang verkry het tot die bank.
Die polisie doen ‘n beroep op die publiek vir inligting om te help met die aankeer van die verdagtes.





