100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte aangekeer weens aanval op Hollandse toeriste

Written by on September 13, 2024

‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste.

Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het.

Die man is in die regterhand getref.

Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof.

Die 42-jarige verdagte is gister, in besit van die items, gearresteer.

Volgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, word twee verdagtes nog gesoek.

Luister: 

‘n Duitse paartjie is ook Dinsdag aangeval. Hul voertuig is beskadig toe vermeende kapers hulle van die pad af probeer dwing het naby die Oshoek-grenspos.

Sien ook: Nege leeus ontsnap weer uit Krugerwildtuin


×