100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke trek 14 vas wat glo konkel met bestuurslisensies

Written by on September 17, 2024

Veertien mense is gister deur die Valke in Mpumalanga aangekeer weens beweerde bedrog en korrupsie met die uitreik van bestuurslisensies.

Die gesamentlike operasie is in samewerking met die polisie se misdaadintelligensie en die teenkorrupsie-eenheid van die Padvragbestuursvereniging uitgevoer.

Volgens die Valke is arrestasies in Sabie, Graskop, Lydenburg en Verena gemaak.

Die beskuldigdes sluit in toetsbeamptes sowel as die operateur van ‘n bestuurskool in Sabie.

Sommige het reeds gister in die hof verskyn en die ander sal vandag hul eerste hofverskynings maak.

Nog arrestasies word ook vandag elders in Ehlanzeni-distrik verwag.

Sien ook: Springboktoets by Mbombela uitverkoop


×