Uplands-matrieks presteer merkwaardig in 2024
Written by Mireille on January 14, 2025
Uplands College is opgewonde oor hul klas van 2024 se uitsonderlike prestasie toe die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) gister hul jongste matriekuitslae bekendgemaak het.
Hulle het ‘n 100%-slaagsyfer en ‘n 95% baccalaureus-slaagsyfer behaal.
Hul merkwaardige prestasies sluit ‘n leerling met 10 onderskeidings (Edwin Ferreira), drie leerlinge met sewe onderskeidings (o.a. Max Östlind) en vyf leerlinge met ses onderskeidings elk (insluitende Ntsako Khosa).
Natasha Bourdin en Chloe Brandt het ook elk sewe en Amy-Jane Mare, Ximene Nhaule, Sulinka van Stelten en Tristan Walker elk ook ses.
Verder het vyf leerlinge vyf onderskeidings, 10 leerlinge het vier, en 11 leerlinge het drie onderskeidings behaal.
Twee leerlinge het verder 100% finale punte in Dramatiese Kunste behaal.
Edwin, Max en Ntsako het in die ateljee kom gesels.
Luister weer hier:
Sien ook: Matriekslaagsyfer is 87,3%, Mpu verbeter tot 84,99%