Twee in Nelspruit-hof oor moontlik gesteelde treinspore

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
treinspore steel

Twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle treinspore gesteel het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof.

Die vragmotor was glo vol treinspore gelaai toe lede van die blitspatrollie dit vroeg Vrydagoggend op die N4 naby Schagen gestop en deursoek het.

Volgens die Valke het die bestuurder elektroniese dokumentasie probeer voorhou asof die vrag wettig was, maar ‘n saak van beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en besit van gesteelde goedere is geopen.

Sien ook: Drie vas met gesteelde treinspore