Twee wat glo in onwettige klere en sigarette handel is in Rocky Drift vasgetrek

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die ontdekking van onwettige sigarette en klere het gisteroggend in Rocky Drift tot die arrestasie van twee verdagtes gelei.

Volgens die polisie is hulle vir sowat drie maande deur Misdaadintelligensie in Pienaar dopgehou voor daar op hulle toegeslaan is.

Beide verdagtes is Ethopiese burgers.

Drie voertuie, onder meer ‘n ambulans, is ook op die perseel ontdek en gekonfiskeer.

Sien ook: Vrou gevonnis wat potte maak van gesteelde Eskom kabels