Liggaam gevind van man wat in Low’s Creek verdrink

Die polisie in Mpumalanga het geregtelike doodsondersoeke begin na twee afsonderlike verdrinkings. 

Lucky Fanyana Shongwe (42) het Maandagmiddag in die Sithobela-rivier in Hartebeeskop verdrink terwyl hy ‘n spirituele reinigingsritueel uitgevoer het.

Vroeër dieselfde dag is ‘n man meegesleur terwyl hy saam met vier ander die KaMambedla-rivier in Low’s Creek probeer oorsteek het.

Adriaan Makhubela se liggaam is gister deur polisieduikers en die honde-eenheid gevind en uit die water gehaal.*

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, luit. kol. Jabu Ndubane, waarsku mense om uiters versigtig te wees naby water. 

Luister:

*Hierdie artikel is gewysig met die jongste inligting sedert oorspronklike publikasie op 28 Januarie.