Twee gearresteer na liggame in Louw’s Creek ontdek is

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die dood twee weke gelede van twee mans in die berge in Louw’s Creek.

Die mans het vermis geraak na hulle op ‘n uitstappie die berge in is.

Hul liggame is sowat ‘n week later herwin.

Sien ook: Liggame van vermiste mans in Louw’s Creek ontdek

Volgens die Mpumalanga polisie het Jabulani Khoza se liggaam tekens van geweld getoon en ‘n moord-dossier is geopen.

Die twee verdagtes is Vrydag aangekeer en verskyn na verwagting vandag in die hof.

Beide word van moord aangekla