100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee wat glo geld vervals bly in aanhouding

Written by on November 12, 2024

Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog.

Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer.

Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel.

Hulle het glo ook veral vroue wat vir die regering werk, geteiken om te bedank en hul pensioenfondse aan hulle oor te betaal – om te verdubbel.

Daar is tydens die deursoekoperasie op ‘n groot bondel swart papiergeldnote, drie bottels chemikalieë en ‘n staalkluis beslag gelê.

Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi:

Die Valke vra ander slagoffers van die sogenaamde Black Dollar-skema om na vore kom.

Die beskuldigdes verskyn môre weer in die hof.

Sien ook: Lebombo-grens weer ten volle operasioneel – Radio Laeveld


×