100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC N4 ontvang President se toekenning by KLCBT

Written by on November 2, 2022

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het Vrydagaand hul 22ste bestaansjaar gevier en hul jaarlikse glansryke toekenningseremonie by die Arena gehou.
President, Sandra Jacobs, het die KLCBT/MMC President se toekenning vir hul groot bydrae aan die gemeenskap en ekonomiese groei van die area aan TRAC N4 oorhandig.

Children in Distress het die Sappi-gemeenskapsdienstoekenning ontvang. Elk van die ander twee finaliste, Masungulo Youth Development en Step Foundation, het egter ook R10 000 in ontvangs geneem vir die bydrae wat hulle aan die gemeenskap lewer.

Die Crossing SUPERSPAR Filantropie-toekenning is deur dr. Andre Hattingh ontvang vir sy onbaatsugtige diens.
Die ander wenners was:
Halls Properties/Alan Bachelor toekenning vir volhoubaarheid: EarthSwitch Architects
TUT toekenning vir innovasie: Die Barberton Archaean Surface Environments (BASE)
Nashua Laeveld toekenning vir klein toerisme-onderneming: Kim Leisure Travel
KMI-lughawe toekenning vir groot toerisme-onderneming: Nkambeni Safari Camp
Nelspruit Fasteners toekenning vir klein sakeonderneming: Dee’s African Spa
Konica Minolta SA toekenning vir kliëntediens: Mo’s Studio Kleinsake nominasies
Tracker Connect toekenning vir mediumgrootte onderneming: Gundle Plastics Group Laeveld
BUCO Nelspruit toekenning vir groot sakeonderneming: Rooikat Liquors
Nashua Laeveld toekenning vir gesondheid en welstand in die werksplek: Buffalo Rock en Nkambeni Safari Camp
PricewaterhouseCoopers toekenning vir ontluikende entrepreneur: Minty’s Tyres & Mags
Pronto Computer Solutions toekenning vir jong entrepreneur: Heavenly House Designs
Buscor toekenning vir landelike onderneming: Mbombela Experience.