TRAC kondig nuwe projekte op N4 aan
Written by Mireille on February 12, 2025
Die TRAC N4-konsessie het aangekondig dat hy eersdaags vier nuwe konstruksieprojekte op die Maputo-deurgang sal begin.
Dit sluit in instandhoudingswerk en opgraderings.
Buiten die aangaande opgraderings aan Schoemanskloof wat tot 2027 sal duur word die Krokodil-poort opgradeer tot vier bane.
Werk begin in April en sal na verwagting tot Februarie 2028 duur.
Die bestaande pad tussen Hectorspruit en die Lebombo-grenspos sal vanaf Maart tot Desember volgende jaar rehabiliteer word.
Konstruksie van ‘n addisionele baan tussen die Ressano Garcia-grenspos en Moamba-aansluiting sal ook tot Desember 2027 duur, terwyl die rehabilitasie van die sypaadjie tussen Moamba en Tchumene teen Augustus afgehandel behoort te wees.
Dit mag verkeersvloei by tye op plekke affekteer.
TRAC onderneem om gereeld opdaterings te kommunikeer.
*Die opgegradeerde Montrose-aansluiting wat in 2023 in gebruik geneem is.