Top-spanne bots die naweek in SA Beker
Written by Mireille on March 27, 2025
Die top vier spanne in die SA Beker sê mekaar die naweek die stryd aan.
Die Airlink Pumas het nog nie ‘n wedstryd verloor nie en lê na drie rondes tweede op die punteleer.
Hulle speel teen die vierde-posisie Valke in Kempton Park. Bo-aan die punteleer is die Suzuki Griekwas.
Hulle en die derde-geplaaste NovaVit Griffons is beide ook nog onoorwonne in die kompetisie en kom teen mekaar te staan in Welkom.
Al die SA Beker-wedstryde skop Saterdag om 15:00 af.