Top kunstenaars die naweek in Marloth Park te sien

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens ‘n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park.

Hulle sluit in Hari Lualhati, Duane Venter, André Venter, Meschack Masuku, Semi Lubisi om net ‘n paar te noem.

Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, wat hulle daarop toespits om Afrika-kunstenaars internasionaal bekend te stel, vertel meer oor wat jy te wagte kan wees.

Luister hier:

Die uitstalling is Vrydag, 29 Maart tot Sondag, 21 Maart by Kruger Safari Eco Lodge in Marloth Park te sien.

Verskeie van die kunstenaars gaan ook teenwoordig wees.

Sien ook: Man vas weens vermiste skipper in Mosambiek