Kaapsehoop wildetrop groei na kommer tot agt

Die Kaapsehoop Conservancy was verlede week bekommerd dat ‘n sewe-stuk troppie wildeperde verlore was, maar hulle is veilig opgespoor – met ‘n nuwe vulletjie by. Carli Scheepers gesels met ons. Luister:

Wilde perdetrop van Kaapsehoop word vermis

Die Kaapschehoop Conservancy doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om sewe perde te vind wat sedert einde van Maart vermis word.  Die hings, drie merries en drie vulletjies is gewoonlik naby die Kaapsehoop Gasteplaas-ingang gewaar, ongeveer 25 km vanaf Nelspruit op pad na Kaapsehoop.  ‘n Beloning van R5,000 word aangebied vir […]

Wilde Kaapsehoop merrie van strik verlos

‘n Merrie met ‘n baie jong vulletjie moes Maandag uit ‘n onwettige strik verlos word in Kaapsehoop, nadat dit om haar linker voorbeen verstrengel geraak het. Dr. Donnie Engelbrecht van Wijkstraat Dierehospitaal help gereeld met die bekende wilde perde van Kaapsehoop. “Die vrywilligers kontak my gewoonlik,” sê hy. Sy is gelukkig nie ernstig beseer nie. […]

Kommer oor Kaapsehoop se wilde perde

Na die derde wilde perd in sowat ses maande in Kaapsehoop verlede week doodgery is, heers daar opnuut kommer oor die diere se veiligheid. Wat hulle so uniek maak is dat hulle die grootste bevolking wilde perde bymekaar is, sê Leon Smith wat al vir 28 jaar in Kaapsehoop woon. Na beraming is daar tans […]