Pumas bly op wenpad tydens SA Beker

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het die Oostelike Provinsie Vrydag met 47-10 by Mbombela-stadion geklop. Die span reis Vrydag na Bloemfontein vir ‘n kragmeting met die Cheetahs. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en Sam Sikiwe gesels ook met Sonop Ontbyt ook oor die Stonehouse 10’s die naweek. Luister weer: 

SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer: