Gerhardt is ons skerpste lem…

Gerhardt Nel was vandag ons interne wenner van SPAR Laeveld en NutriFresh se “Sharpest Business in Town”-kompetisie. Hy het stof geskop in die oë van Coenie (weer tweede) en Mireille met sy sny-, proe- en identifiseringsvermoë.As span kon hulle darem ook gesamentlik punte op die bord sit vir 100.5FM. Sterkte aan die ander plaaslike ondernemings […]
SPAR Proteas inspireer jonges in Mbombela

Die SPAR Proteas het gister ‘n suksesvolle netbalkliniek in Mbombela gehou, waar die spelers uitgereik het na jong netbalspelers in die streek. Meer as 200 jong leerders van skole in die groter Mbombela-gebied het die kliniek bygewoon en was verheug om hul helde te ontmoet, wat onlangs teruggekeer het van ‘n toer deur Nieu-Seeland en […]
Sabie Xperience wink vir avontuurlustige bergfietsryers

Die jaarlikse Sabie Xperience vind vanjaar weer later as gewoonlik, volgende maand, plaas. Dit is die 17de aflewering van dié drie dag lange bergfietswedren wat gewoonlik vroeër die jaar is, maar sedert 2020 weens Covid uitgestel moes word. Dit sal van 4 tot 6 November by Floreat Riverside Retreat aangebied word. Die organiseerder, Denzil Lawrie, […]