Brand veroes winkel in Onder Sabie-ruskamp

Besoekers met besprekings by die Onder Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin word aangeraai om met voorraad aan te kom en items soos hout en ys by ander kampe soos Skukuza, Krokodilbrug, Satara, Tshokwane of Nkuhlu te koop na ‘n brand vanoggend in die kleinhandelwinkel by die kamp ontstaan het. ‘n Woordvoerder, Rey Thakuli, sê verblyf word […]
Shingwedzi-ruskamp heropen Vrydag

SANParke het aangekondig dat Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwildtuin Vrydag sal heropen na die sluiting daarvan weens oorstromings in Januarie. Vir nou is toegang slegs deur die Punda Maria- of Pafuri-hekke. Herstelwerk is ook aan die gang by die Letaba-hoogwaterbrug wat die teerpad tussen Mopani en Letaba-ruskampe verbind. Ander kampe wat in die noorde heropen het […]
Twee renosterkalfies in NKW gered

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]
Groot skenking vir Ereveldwagters verwelkom

Die Graskop Gorge Lift het R100,000 aan die SANParke Ereveldwagters geskenk om hulle te sterk in hul taak om die Krugerwildtuin na onlangse verwoestende oorstromings te ondersteun. Luister:
Vloedskade in Krugerwildtuin kan honderde miljoene beloop

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê die onlangse vloede in die Krugerwildtuin het uitgebreide skade veroorsaak wat moontlik honderde miljoene rand beloop. Hy het tydens ‘n inligtingsessie aan die media in Kaapstad vandag gesê paaie, brûe, kampe, personeelbehuising, toeriste-geriewe en water- en elektriese stelsels is geraak. Ondanks die vernietiging was […]
Ereveldwagters hou gholfdag

Die Laeveld SANParke Ereveldwagters hou op 27 Februarie by die Witrivier-gholfklub hul jaarlikse gholfdag. Estelle Roe en Johan Willemse gesels met ons oor die belangrike werk wat hulle doen. Luister: Kontak hulle direk by 083-326-8185 of 083-701-9827.
Paaie, hekke, boskampe in Krugerwildtuin gesluit weens swaar reën

Die Krugerwildtuin vra besoekers om hul besoeke uit te stel na volgehoue swaar reën SANParke genoop het om boskampe, sekere toegangshekke en alle grondpaaie te sluit. Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking, sê toegang tot Skukuza is van Onder Sabie en Krokodilbrug afgesny. Die Krokodilbrughek word gemonitor en sal slegs gesluit word as […]
Bespreek vooraf vir besoek aan Krugerwildtuin

SANParke herinner dagbesoekers aan die Krugerwildtuin dat hekkwotas gedurende die feestyd geïmplementeer word om oorbevolking op paaie en by fasiliteite te verhoed. Om toegang te verseker, word besoekers aangeraai om vooraaanlyn te bespreek by sanparks.dot.org. Die administrasiefooi is R59 vir volwassenes en R29 vir kinders. Voorafbespreekte dagbesoekers kry voorkeur by die hek, solank hulle binne […]
SANParke vier Groen Skerpioene

SANParke het gister saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing die eerste keer Omgewingsbestuursinspektoraatdag gevier. Die Krugerwildtuin, Kgalagadi-oorgrenspark, Camdeboo Nasionale Park en Tafelberg Nasionale Park het ‘n reeks aktiwiteite in samewerking met belanghebbendes aangebied. Die doel is om die publiek bewus te maak oor die belangrike rol wat omgewingbestuurinspekteurs – algemeen bekend […]
Wildtuin vereer uitsonderlike prestaties

Uitsonderlike werknemers van die Krugerwildtuin is Vrydag vereer tydens die jaarlikse prestasietoekennings wat by die Nombolo Mdluli-konferensiesentrum gehou is. Dit is teen die agtergrond van SANParke se verbeterde prestasie vir die 2024/25-boekjaar, met ‘n 10% toename in inkomste tot R4,1 miljard. Albert Mkansi, Vusi Lubisi, Katekani Sibuyi en Nicolus Mathebula het die kollig gesteel […]