Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer:

Pumas gerat vir SA Beker

Die Airlink Pumas se seisoen skop eersdaags af wanneer die SA Beker op 6 Maart begin. Die verdedigende kampioene se Chumani Booi en die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle is gereed om hul titel van 2025 te verdedig. Luister weer: