Laeveld nuus – Week 5 van 2022

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Omstander doodgeskiet deur transitorowers, KANSA poog op die gaping in sorg te verklein, en Nellie-atleet stel fenomenale afstand op. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld nuus – Week 4 van 2022

Jou Laeveld nuus die week: Die sensus skop volgende week af, Hazyview-man tot honderde jare agter tralies gevonnis en Polisiekar na 16 jaar weer terug by Blue Moon. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld nuus – Week 3 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga se slaagsyfer toon ‘n klein afname, nuwe boorwerk begin vandag in Makhonjwa-berge, Hoërskool Nelspruit bied interhoër 2022 aan en Danie Stassen sê Dakar-tydren was ‘n droom wat bewaarheid is. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld nuus – Week 2 van 2022

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vermoorde polisiebevelvoerder ter ruste gelê, tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in die been skiet, Uplands College verwelkom nuwe hoof, en die Curriebeker skop af by Mbombela-stadion. Luister die hooftrekke hier:

Laeveld nuus – week 1 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: 14-jarige in been geskiet deur vermeende kapers, tweede verdagte vas vir polisiespeurder se moord, toeris verdrink by Lisbon waterval en Kaapsehoop merrie uit strik verlos. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld nuus – Week 52 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Toeriste buite Numbi-hek aangeval, twee jong mans verdrink, en Radio Laeveld maak ‘n bietjie geskiedenis in die Vrystaat. Luister die hooftrekke hier.

Kuier in die gange van die geskiedenis by Onze Rust

Radio Laeveld 100.5FM het geskiedenis gemaak deur gister regstreeks uit te saai vanaf Onze Rust-landgoed, die familieplaas van oudpresident MT (Martinus Theunis) Steyn. Steyn was die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat van 1896 tot 1902. Dit was die eerste keer dat enige radiostasie vanaf die historiese baken uitgesaai […]