Arrie en Rénaldia Henn groet die Nellies na meer as twee dekades

Na 35 jaar in die onderwys roep Arrie en Rénaldia Henn die beroep – en die Laeveld – vaarwel toe. Arrie is reeds 22 jaar die hoof van Laerskool Nelspruit. Rénaldia het in 2000 die Nellie Miere-kleuterskool begin. Hulle het besluit om af te tree toe Arrie vanjaar 60 jaar oud geword het. Hulle neem […]

Skink ‘n koppie tee en kuier saam met storieverteller Jak de Priester

Na 18 jaar in die vermaakbedryf het Jak de Priester geen bekendstelling nodig nie. Met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het hy oor die jare diep in sy ondersteuners se harte gekruip. Hy het tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. […]

Nelspruit Mediclinic se intensiewe- en hoësorg steeds onder Covid-druk

Nelspruit Mediclinic sê hulle ervaar tans ‘n effense afname in die vraag na hospitaalbeddens weens Covid-19, maar hul intensiewesorg- en hoësorg-eenhede is steeds onder druk. Volgens dr. Gerrit de Villiers, die hoof kliniese beampte by Mediclinic Suider-Afrika, benodig nie alle Covid-pasiënte intensiewesorg of meganiese ventilasie nie, en word baie van hulle suksesvol in ander sale […]

Laeveld Nuus – week 29 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Twee mans vas oor 19 renosterhorings, inwoners van Mpumalanga aangemoedig om ingeënt te word teen Covid-19, Laeveld DBV-takke sê hulle sukkel om kop bo water te hou sonder munisipale befondsing, en die jaarlikse Chicken Challenge vendusie is oop. Luister die hooftrekke hier.

Vermeende renosterhoring-handelaars doen vandag aansoek vir borgtog

AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) sal vandag formeel aansoek doen vir borgtog in die Nelspruit-landdroshof. Hulle het gister reeds verskyn en word aangekla van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Hulle is Woensdag aangekeer in ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke, die eenheid teen die smokkel van wild en private rolspelers. […]

Deurbrake gemaak met arrestasies

Die polisie in die Laeveld kon binne drie dae vandeesweek verskeie verdagtes aankeer vir ondermeer onwettige renosterhorings, dwelms en gesteelde boumateriaal. ‘n Man is gister in Low’s Creek in besit van dagga ter waarde van nagenoeg R1 miljoen aangekeer. Die 38-jarige het glo 19 sakke dagga van 342 kg in sy besit gehad. Hy sal […]

Dowwe Dolla deel hoe om ‘n goeie grappie te vertel

Margit Meyer Rödenbeck, dikwels beter bekend as haar alter ego, Dowwe Dolla, sê sy is nie van nature snaaks nie, maar kan die snaaks in dinge sien. Sy ken egter van komedie, en bied volgende naweek saam met Wynand van Vollenstee, Adriaan van As en Francois Jacobs Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan. Dit is vir […]