Inheemse bloukurper bedreig deur Nylkurper

Inheemse bloukurpers word was ‘n hoogs bedreigde spesie geklassifiseer. Dit is weens verskeie bedreigings waarvan een die uitheemse Nylkurper is. Juandré Buchholz, ‘n hengelaar met ‘n passie vir die bewaring van inheemse visspesies, het vir Gerhardt vertel dat dit weens verbastering is. Luister weer hier na die gesprek.

Ekonoom voorspel 5,4% groei

Ekonomiese raadgewer vir die Optimum beleggingsgroep, dr. Roelof Botha, het Vrydag by Church Unlimited verduidelik hoe Suid-Afrika se ekonomie na die grendeltydperk van die Covid-pandemie op die herstelpad is. Hy sê hy is positief, maar met rede, omdat die jongste data wys hoeveel industrieë reeds herstel het tot dieselfde vlakke of beter as voor die […]

Covid-gevalle neig steeds afwaarts

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-infeksies in die land toon tekens van ‘n volgehoue afwaartse neiging. Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 3 961 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal sedert die begin van die pandemie op 2 858 195 te staan bring. Die meeste nuwe gevalle was in KwaZulu-Natal met 28%, gevolg […]

Soektog geloods na vrou in kar doodgeskiet is

Die polisie het ‘n mannejag geloods na die verdagtes wat ‘n 39-jarige vrou Dinsdag in Pienaar doodgeskiet het. Volgens kol. Donald Mdhluli was die vrou alleen in haar voertuig toe dit om ongeveer 11:45 deur ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Twee gewapende aanvallers het uitgeklim en haar geskiet. Hulle het glo ook kontant uit […]

Penryn-valkenier behaal C-gradering

Tom Armitage, ‘n gr. 10-leerling aan Penryn College het onlangs sy C-gradering as valkenier behaal. Penryn is die enigste skool in die land wat dié sport aanbied. In Suider Afrika is daar net twee ander skole, beide in Zimbabwe, wat dit aanbied. Steve van Rensburg het dit begin toe hy as onderwyser by Penryn College […]

Laeveld nuus – week 36 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Geliefde Laevelder in frats valskermongeluk dood, wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek en NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021. Luister die week se hooftrekke hier.    

Luister: Vriende deel herinneringe van geliefde Hilmar Backer

Die baie geliefde Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n valskerm gespring het. Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander, wonderlik was met kinders, en vreesloos avontuurlustig was. Sy vriendin Denise von Zweel en […]

Popia vir bemarkers: Deel 3

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) wat op 1 Julie in werking getree het, is op alle ondernemings en industriëe van toepassing. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad vir veral bemarkers oor hoe om binne die wet op te tree, want onkunde is nie ‘n verskoning nie. In die eerste aflewering van […]

Aanlyn digitale onderrig hier om te bly

Vir Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is aanlyn digitale onderrig ‘n passie. Nie net het sy al toekennings gewen vir hoe sy dit lank voor die pandemie in haar lesse aangewend het nie, maar dit is ook die tema van haar verdere studie. “Ons kan nie meer skoolhou soos in die 20ste eeu nie,” sê […]

NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021

Hoërskool Nelspruit (NHS) se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week in Pretoria deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Van hulle was drie uit Nelspruit afkomstig. De Wet is as die algehele wenner aangewys en het vanoggend die […]