Hoërskool Nelspruit skitter op die netbalbaan

Hoërskool Nelspruit se juf. Maryke Coetzee het van 5 tot 12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan om die Mpumalanga Sunbirds te verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga. Sy was ook die span se kaptein in haar agtste verskyning wat sy vir die provinsiale span vanjaar gemaak het. Sy sê die […]

Makhonjwa sal saam met advieskomitee bestuur word, sê MTPA

Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal saam met ‘n advieskomitee deur die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap bestuur word. So sê die uitvoerende hoof van die MTPA, Johannes Nobunga. Die MTPA is onlangs as die bestuursgesag oor die gebied aangekondig. Daar is gehoop dat die MTPA dit nie alleen sou bestuur nie. Verskeie grondeienaars het daarteen kapsie gemaak […]

Vrou kry lewenslank na sy kêrel se kind vermoor

misdaad

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]

Jong gimnaste droom groot voor SA’s

Twintig van Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) se gimnaste is op pad om in Oktober aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan deelneem. Amoré Gerber (vlak 8) en Jasmin Muller, Isabel Prinsloo en Iané Swart (almal vlak 7) het met Gerhardt gesels oor hul liefde vir dié sport. Luister weer hier daarna. Jasmin was twee jaar gelede […]

Slangseisoen in die Laeveld: Dís wat jy moet weet

Dit is somer en met dit raak slange meer aktief. Soos die gesegde lui is die nie ‘n vraag óf jy dalk die een of ander tyd met een in jou huis te doen gaan kry in die Laeveld nie, maar eerder ‘n kwessie van wanneer. Plaaslike slangvanger, Anneke van Schoor, het vir Gerhardt vertel […]

Laeveld nuus – Week 37 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.

Nog ‘n huis brand af in Barberton weens afwesige brandweer

Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel. DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie. Gelukkig kon die gemeenskap self die vuur blus. Minnaar sê daar […]

Moving Mountains vir kankerlyers

Asof ‘n kankerdiagnose alleen nie vreesaanjaend genoeg is nie, staar kankerpasiënte gewoonlik ook ‘n finansiële berg in die gesig – hetsy hulle nie aan ‘n mediese fonds behoort nie, of hul fonds nie alle behandeling volledig dek nie. Moving Mountains se stigter, Izelle Pretorius, het met Amanda gesels oor hoe dié organisasie kankerpasiënte prakties daarmee […]

Renosterwesie dood na ma gestroop is

Die witrenoster-kalfie wat gered is nadat hy wees gelaat is as gevolg van ‘n onlangse stropingsvoorval, is intussen dood. Care for Wild Africa het onverpoosd gewerk om hom te probeer red nadat veldwagters van SANParke hom in die Manyeleti-natuurreservaat gekry het. Hy was bloot net te swak, vertel Petronel Nieuwoudt, stigter en eienaar van Care […]

Video: Blossom open sanitêre doekie-produksiefasiliteit by Mataffin

Blossom Care Solutions het vandag ‘n sanitêre doekie-produksiefasiliteit by HL Hall & Sons in Mataffin geopen. Dit verskaf sanitêre produkte waartoe sowat 30% van Suid-Afrikaanse meisies nie toegang het nie én skep volhoubare werksgeleenthede. Ahmed Motara sê van hul produkte is ook heeltemal bio-afbreekbaar, hoewel daar tans verskeie uitdagings is om materiaal plaaslik te verkry. […]