Vrae bly oor R278 miljoen vir ontbinde eenheid in premier se kantoor

Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]
Nellies se Onderwyser van die jaar-finalis deel haar passie

Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit het ten doel om besonderse en merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek sal nou bepaal watter hoërskool- en laerskoolonderwysers as die […]
Mense aangemoedig om diere in te ent teen hondsdolheid

Voorkoming is die beste teenvoeter vir hondsdolheid, sê dr. Christo Nortje van Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela op hondsdolheid-bewusmakingsdag. Daar is nie genesing daarvoor nie, is baie algemeen en endemies aan alle provinsies in die land. Troeteldiere kry dit wanneer hulle in aanraking kom met diere soos meerkatte, muishonde, jakkalse of ander troeteldiere. “As die dier […]
Klanke en geure om jou te betower by Bos InniMall

Geen fees van enige beskrywing kan sonder musiek nie. By Bos InniMall hoef jy boonop nie eens kaartjies na dié vertonings te koop nie. Jy gaan bloot lekker kuier by ‘n restaurant van jou keuse in i’langa Mall om vermaak uit die boonste rakke te geniet. Elke aand vanaf 17:00 in die Piazza tree plaaslike […]
Vermeende rowers vasgetrek met hulp van die publiek

‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items. Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is. Die voertuig en meubels wat […]
Perdepianiste, rottevangers en narre: Dinge gaan Bos InniMall

Na twee winters van geen Innibos Kunstefeeste nie, is die Laeveld gereed om hierdie Erfenisnaweek “bos” te gaan in i’langa Mall. Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om ons eie perdepianis van […]
Laeveld Nuus – week 38 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Bye-aanval eis bekende Komatipoort-bakster, private grondeienaars waarsku Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied se status is in gedrang, Nellie-atleet laat nasionale rekords spat en gaan Bos InniMall die naweek. Luister die hooftrekke hier.
Lekker lag laat die dokter wag by Bos InniMall

Kom lag al jou Covid-sorge weg by Bos InniMall. Die fees skop môre af in I’langa Mall. Die toneelproduksies, is soos met elke Innibos-fees, uit die boonste rakke, en beloof om al jou kwellinge te verdryf. Komediant Schalk Bezuidenhout is te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen in “Schalk sing sleg”. Die gehoor […]
Nellie-atleet laat nasionale rekords spat

Juané le Roux, ‘n gr. 8 para-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel. In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog. Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp […]
Twee verdagtes steeds gesoek na transitoroof in Sabie

Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het. Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan. ‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die […]