Omstander doodgeskiet tydens transitoroof

misdaad

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het ‘n groep verdagtes ‘n kontantwa wat by ‘n kitsbank geparkeer was om geld op te tel, om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug. Terwyl wetstoepassers hulle agterna gesit het, […]

Laeveld nuus – Week 5 van 2022

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Omstander doodgeskiet deur transitorowers, KANSA poog op die gaping in sorg te verklein, en Nellie-atleet stel fenomenale afstand op. Luister die hooftrekke hier.

Mev. Mpumalanga plaas kollig op plaaslike talent

Die kroning van Mev. Mpumalanga 2022 is om die draai en beloof om, soos elke jaar, ‘n produksie uit die boonste rakke te wees. Zane van Zyl, uitvoerende hoof van Mev. Mpumalanga, en Jacques Lombard, eienaar en bestuurende direkteur, vertel hoe ‘n sterk groep deelnemers die kompetisie vanjaar gelok het, en hoe opgewonde hulle is […]

Leer siSwati praat: Les 1

Om nog ‘n taal te leer, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, sê Marie-Louise Botha van Bothabile African Language Institute. Om te illustreer dat dit moontlik is, het sy vir Mireille de Villiers ‘n les gegee in siSwati.

Alles wat jy moet weet vir die 2022-sensus

Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer. Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul. Dit verg nie selfoondata om te […]

Opkomende model verwerf Springbokkleure

Danika van Deventer, ‘n gr. 12-leerling van Curro Nelspruit, het haar Springbokkleure vir modelwerk verwerf, nadat sy by Stars of the Universe, Talent Africa se internationale kompetisie in Januarie, goud verwerf het in twee afdelings. Sy het vir Gerhardt vertel sy doen al modelwerk sedert sy kon loop, en koester groot drome om dit as […]

Kenner sê onderrig lewer nie wat die arbeidsmark vereis nie

Hoe gemaak met al die gr. 12-leerlinge wat jaarliks matriek slaag met vrystelling om grade of diplomas op tersiêre vlak na te jaag, maar vir wie daar nie plek is in openbare instellings nie? Dit is een van die vrae wat prof. Stephen Khehla Ndlovu, adjunkhoof van strategie, risiko en adviesdienste by Unisa, ondersoek het […]

Laeveld nuus – Week 4 van 2022

Jou Laeveld nuus die week: Die sensus skop volgende week af, Hazyview-man tot honderde jare agter tralies gevonnis en Polisiekar na 16 jaar weer terug by Blue Moon. Luister die hooftrekke hier.

Sê net ‘yebo’ om ‘n nuwe taal te leer

“Daar is absoluut geen rede hoekom mense nie ‘n derde of vierde taal kan leer nie. Jy is jou grootste vyand want jou brein sê vir jou, ‘Wat dink jy doen jy?’” Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is een van die moeilikste dinge om […]

NHS-atlete oorgehaal vir puik seisoen

Die rekords het weer gespat by Hoërskool Nelspruit se interhuis atletiekbyeenkoms Donderdag, 20 Januarie. Elf interhuis-rekords is verbeter en drie Nellies-rekords. SA-kampioen Ashley Erasmus (o.17) het Shana Scott se vorige skyfwerp-rekord van 32,67 m na 47,17 m verbeter. Sy het volgens ASA se 2020-tabel die maksimum van 1 000 punte gekry vir die skyfwerp sowel […]