Brand veroes winkel in Onder Sabie-ruskamp

Besoekers met besprekings by die Onder Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin word aangeraai om met voorraad aan te kom en items soos hout en ys by ander kampe soos Skukuza, Krokodilbrug, Satara, Tshokwane of Nkuhlu te koop na ‘n brand vanoggend in die kleinhandelwinkel by die kamp ontstaan het. ‘n Woordvoerder, Rey Thakuli, sê verblyf word […]