Sterrekykers in talle wêrelddele, ook Suid-Afrika, het gisteraand ‘n seldsame algehele maanverduistering, bekend as ‘n “bloedmaan”, waargeneem.
Die skouspel van 82 minute – een van die langste in ‘n dekade – het afgespeel toe die aarde tussen die maan en die son ingeskuif het en sy skaduwee op die maan se oppervlak geval het.
NASA sê die maanverduistering was sigbaar in Europa, Afrika, Asië en Australië.
Baie mense het foto’s op sosialemediaplatforms geplaas van die maan wat oranje of rooierig voorkom.
Foto: Derek Wolff