Skink ‘n koppie tee en kuier saam met storieverteller Jak de Priester
Written by Mireille on July 27, 2021
Na 18 jaar in die vermaakbedryf het Jak de Priester geen bekendstelling nodig nie. Met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het hy oor die jare diep in sy ondersteuners se harte gekruip.
Hy het tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy is deesdae ook ‘n Kapenaar en ‘n blogger.
Hierdie storieverteller het met Sanett gesels oor “Koppieteefontein”. Hy is ook Saterdag die vyfde kunstenaar by Innibos, Radio Laeveld en kykNET se In jou huis-konsertreeks.
Luister weer hier na die gesprek: